Quantcast
Channel: South Africa Wedding Blog » Afrikaans
Viewing all 11 articles
Browse latest View live

Pragtige Bewoording vir Trou Uitnodigings

$
0
0

Trou uitnodiging bewoording word gewoonlik gekies om te weerspieël wie vir die troue betaal of dit aanbied. Tradisioneel behoort hierdie rol aan die bruid se ouers en woorde word so gekies dat dit duidelik is dat dit hulle is wat die gaste uitnooi. Dit is egter ook moontlik dat die ouers van die bruidegom die troue aanbied, of dat altwee ouerpare saamspan om dit te doen. Deesdae betaal baie bruidspare dan ook self vir die troue -en in die geval nooi hulle self die gaste uit.

Die volgende inligting behoort by jou trou uitnodigings ingesluit te word:

  • ‘n persoonlike openingsfrase
  • Die persone wat die troue aanbied, en dus die gaste nooi (ouers, bruid en bruidegom, grootouers, peetouers ens.)
  • Name van die bruid en bruidegom
  • Datum, tyd en venue van die seremonie en onthaal
  • Enige ander belangrike besonderhede wat julle graag wil insluit.

Die volgende is ‘n paar voorstelle vir trou uitnodiging woorde / bewoording indien een of meer ouerpare die troue aanbied:

’n Formele uitnodiging van die bruid se ouers:

“Julle het in ons en hulle lewens gedeel… Deel nou ook in hulle eenwording!
Mr. en mev. van Schalkwyk
nooi u hartlik (of vriendelik of met vreugde) uit na die troue van hulle dogter
Shannon van Schalkwyk
met
John Dudden
Seun van Mnr. en mev. Dudley Dudden
(DV) op Vrydag 21 Desember 2010
om 15:30
in die NG Kerk Doringkloof, Centurion
Ontvangs – Irene Country Club, Irene”

’n Uitnodiging van beide ouerpare:

“William & Grace Carmicalle
en
Albie & Johan Verster
nooi u vriendelik na die huweliksbevestiging van hulle kinders:
Mandy Carmicalle
met
Markus Verster
Die seremonie en onthaal vind plaas by A Moon and Sixpence, Muldersdrift.
The seremonie begin om 16:30.”

’n Meer informele uitnodiging van die bruid se ouers:

“Kom vier saam die gelukkige dag as ons dogter
Cindy Swart
beloftes uitruil met die liefde van haar lewe -
Jason Wade
geliefde seun van Jaqueline en John Wade
Op Saterdag, 12 November om 12:00, by ons tuiste -
14 Ascot Avenue
Irene
- Eva en Gerhard Swart”

Indien ouers geskei is, maar die troue saam aanbied, en die ma nie weer getroud is nie:

“Mev. Heleen Swanepoel en Mnr. Hendrik Swanepoel
(let wel – nie Mnr. en mev. Hendrik Swanepoel nie)
nooi u hartlik na die huwelikseremonie van hulle dogter
Anelien Swanepoel
met
Wikus Du Preez
Seun van Mnr. en mev. Dewald Du Preez
(DV) op Sondag 19 Maart 2011
om 11:00
by Avianto, Muldersdrift (padkaart ingesluit)”

Indien ouers geskei is, maar die troue saam aanbied, en die ma wel weer getroud is:

“Mev. Heleen de Wit
en
Mnr. Hendrik Swanepoel
nooi u hartlik na die huwelikseremonie van hulle dogter
Anelien Swanepoel
met
Wikus Du Preez
Seun van Mnr. en mev. Dewald Du Preez
(DV) op Sondag 19 Maart 2011
om 11:00
by Avianto, Muldersdrift (padkaart ingesluit)

Indien een ouer oorlede is:

“Mnr. Henk Delport
nooi u hartlik na die huwelikseremonie van sy dogter
Marna Delport
met
Ettienne van den Berg
Seun van Mnr. en mev. Pieter van den Berg
(DV) op Vrydag 11 Februarie 2011
om 17:00
by Silver Oaks, Muldersdrift (padkaart ingesluit)”

Die volgende is ‘n paar voorstelle vir trou uitnodiging woorde / bewoording indien die bruidspaar self die troue aanbied:

“Julle het ons ondersteun in die moeilike tye – deel nou ook in ons vreugde!
Julle word hartlik uitgenooi om te deel in die huweliksbevestiging van
Marie Engelbrecht
Jaco en Elmien Engelbrecht
(die bruid se ouers word genoem en kursief gedruk – opsioneel)
&
Christopher Mark
Peter and Sarah Mark
(bruidegom se ouers word genoem en kursief gedruk – opsioneel)
Westcliff Hotel, Rosebank
14 July 2010, 16:00”

“‘Gedeelde vreugde verdubbel!’
Verdubbel ons vreugde met die uitruil van ons ringe en beloftes -
Winston & Mpho
Maandag 20 April, 2011, 16:00
by Noxolo Gastehuis
Buffalo Straat 19962, Mamelodi-Oos”

Indien een of meer van die bruidspaar reeds kinders het, en hulle graag by die uitnodigings wil betrek, kan die volgende bewoordingsriglyne gebruik word:

“Jaco Strydom
Nooi u vriendelik uit na die huweliksbevestiging van sy ma -
Marie Strydom
met
Jack Rodriguez
by Velmore Function Venue
op Vrydag die twaalfde Augustus
om vier uur die middag.”

“Alicia de Waal en haar seun, John de Waal
&
Matthew Arnold and sy seun, Peter Arnold
nooi u om in die eenwording van hulle families te deel
op 21 March 2010 om 3 uur
diens en ontvangs by Ondokeo (kaart aangeheg).”

Indien die bruidspaar in ‘n ander land getroud is, of ‘n private troue gehad het en gaste slegs na ‘n onthaal wil nooi, kan die volgende bewoordingsriglyne gebruik word:

“Mr. en mev. Nel nooi u om die onlangse troue van hulle dogter te vier
Lize Nel met Aljo Lukas
wat in London plaasgevind het op 13 Januarie 2009
Kom klink saam ‘n glasie op die gelukkige paartjie by Blue Crane, Brooklyn, 18:30″

Gedigte:

“Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak;
die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het.”
~ C. J. Langenhoven

“Die dag toe jy deel word van my lewe
Het ek die gevoel gekry
Dat ons paadjies saam sal loop
Tot dat die dood ons skei…”
~ Anoniem

Die span by Celebration.co.za bedank graag vir Secret Diary Designs vir vandag se artikel.

The post Pragtige Bewoording vir Trou Uitnodigings appeared first on South Africa Wedding Blog.


Ons Top 5 Liedjies vir die Openingsdans

$
0
0

http://www.celebration.co.za/blog/wp-content/uploads/2011/10/couple.jpg

Foto deur Johannes Schoutsen

Die openingsdans by ‘n troue is nou maar eenmaal ‘n groot oomblik. Die onverdeelde aandag van die gaste is op die bruidspaar en baie paartjies neem tot danslesse sodat hulle behoorlik ‘n “show” kan op sit! Ons het vir ons bruide op Facebook gevra om vir ons te vertel van hul gunsteling Afrikaanse liedjies om ‘n dansbaan mee te open.

Hier is die top vyf:

Romanz – My Hele Hart

httpv://www.youtube.com/watch?v=WOsVMnT37co

 

Lianie May & Jay – Toe Stop My Hart

httpv://www.youtube.com/watch?v=FAd8qdR8BFk

 

Juanita Du Plessis – Engel Van My Hart

httpv://www.youtube.com/watch?v=mREKjSj3Z94

 

Riana Nel – Dans

httpv://www.youtube.com/watch?v=8k7xGtC7Tco

 

Kurt Darren en Elizma Theron – Net Vir Jou Bedoel Gevoel

httpv://www.youtube.com/watch?v=90JFLbLM2HE

*Wenk: Hierdie liedjies is ook ideaal om in jou trou DVD te gebruik!

The post Ons Top 5 Liedjies vir die Openingsdans appeared first on South Africa Wedding Blog.

Monique en Christo: Betowerende Liefde

$
0
0

Monique en Christo is hoërskoolliefdes wat sewe jaar saam was voordat Christo “Die Groot Vraag” gevra het tydens ‘n vakansie in Thailand. Jilda G Photography het hierdie pragtige fotosessie met hulle gedoen. Ons sien uit na die troufoto’s, julle twee…

‘n Bietjie meer inligting oor die toekomstige bruid…

“Ek is 23 jaar oud en ‘n onderwyser. Ek woon in Gordonsbaai, naby Somerset-Wes en Stellenbosch. Ek wil trou want ek en my verloofde is al baie lank saam. Ek kan nie my lewe saam met iemand anders in dink nie. Hy is my eerste en laaste liefde.”

‘n Bietjie meer inligting oor die toekomstige bruidegom…

“Ek is 23 jaar oud en ook ‘n onderwyser. Ek bly in die Strand, wat naby Somerset-Wes en Stellenbosch is. Ek wil trou want ek is 100% seker dat sy my lewensmaat is. Ek wil langs haar wakker word elke oggend. Ek speel sport en sy ondersteun my altyd. Ek weet dat ek altyd op haar kan staat maak.”

Hoe het julle ontmoet?

“Ons het ontmoet op Hoërskool. Ons was saam in dieselfde klas vanaf graad 10 tot matriek.”

Hoe lank was julle saam voor die verlowing?

“Baie, baie lank! Ons is al saam vanaf graad 10. Ons was 7 jaar saam voordat verloof geraak het.”

Vertel ons hoe julle verloof geraak het.

“Ons het vir my ouers ( Monique se ouers ) in die Junie skoolvakansie in Thailand gaan kuier. Hulle is onderwysers daar. Ons het vir die laaste paar dae van ons vakansie Phuket toe gegaan. Ons was vir ‘n dag-avontuur op ‘n boot na die baie mooi Phi-Phi eilande. Ons het daar die mooiste klein eilande besoek en gesnorkel, geswem en vreemde kosse probeer. Opad terug op die boot, het ek ewe skielik Christo se stem op die Kaptein se interkom gehoor. Christo het toe vir almal op die boot vertel oor hoe ons ontmoet het en hoe lank ons al saam is en dat hy graag wil oud word saam met my ( ek kan nie veel onthou nie – ek was net in trane ek kon nie glo dat my droom gaan word om met hom te kan trou nie ). Christo het my toe gevra om met hom te trou ( In ENGELS! ) Dit was baie romanties, het nooit dit verwag nie.”

Hoe lank na die verlowing het julle gekies om te trou en hoekom?

“Ons het omtrent dadelik begin beplan aan datums en venues toe ons terug is van vakansie. Ons het geen benul hoeveel ‘n troue kan kos nie, en het besluit om saam geld te spaar. Ons het besluit op Desember 2012, want dan het ons redelik genoeg gespaar ( Onderwysers se salarisse is nie baie groot nie ) en die weer is dan ook lekker en ons wil graag ‘n somer troue hê. Omdat ons onderwysers is moes ons ons troue beplan sodat dit in ‘n vakansie kan plaasvind. Ons wil graag lank wittebrood gaan hou, so Desember is perfek! Dit is nog so lank voordat ons trou, maar dit is die moeite werd om so lank te spaar. Ons wil ‘n onvergeetlike dag hê. Na 7 jaar se wag wil ons net die beste hê vir die spesiaalste dag van ons lewens en ‘n nuwe hoofstuk in ons lewens.”

Vertel ons ‘n bietjie meer van jul fotosessie.

“Ek en ‘n vriendin het die Spier Bridal Fair gaan besoek en het vir ‘n klomp kompetisies ingeskryf. En WOW… ek het ‘n verlowings-fotosessie gewen by Jilda Gildenhuys! Het nog nooit iets gewen in my lewe nie! So die verlowingsfotosessie was baie spesiaal vir ons.

Die fotosessie was onvergeetlik! Ons was eers baie angstig aan die begin, maar Jilda het ons baie gemaklik laat voel. Ons het baie vir mekaar gelag, want ‘n mens moet liefdevol en natuurlik wees met mekaar terwyl jy weet iemand kyk vir jou en neem foto’s. Dit was ook baie snaaks om die foto’s te neem, want ek is baie korter as Christo. Die lekkerste was om foto’s te neem in ‘n waterstroompie met ons waterboots. Die plek waar die foto’s geneem was, was by The Magic Forest naby Durbanville. Ons was nog nooit daar nie. Jilda het dit aan ons voorgestel en dit is ‘n pragtige plek vir fotosessies. My hare en grimering was verniet deur ‘n goeie vriendin, Candice Harker, gedoen. Sy is ‘n professionele grimeer-kunstenaar.”

The post Monique en Christo: Betowerende Liefde appeared first on South Africa Wedding Blog.

Zanda en Andreas: ‘n Naweek van Makietie

$
0
0

‘n Hele naweek van feesvieringe, Robbie Wessels as die seremoniemeester, hope familie en vriende… dit kan mos net lekker wees! Laura Jane was die fotograaf by hierdie pragtige, doen-dit-self troue.

Datum en tyd van troue:

“Saterdag 1 October 16:00, maar dit was ‘n naweek troue en al my gaste het al die Vrydag gekom vir die groot makietie.”

Plek:

“The Nutcracker in Parys Vrystaat.”

Meer oor die bruid

“Ek is 28 jaar oud. Ek werk in die musiek industrie in Suid Afrika. Ek is ‘n musiekregisseur
by Manley Studios in Garsfontein. Ek sing self en het vir 3 jaar getoer saam met Robbie Wessels waar ek vir hom kitaar en klavier gespeel het. Ek gee ook sang- en kitaarlesse vir studente van alle ouderdomme. Ek is ‘n Vrystaatse meisie van Welkom. Ek wou graag met Andreas trou omdat ek uiteindelik my maaitjie in die lewe gekry het. Iemand wat my verstaan, my lief het, my eerste stel, my ondersteun. Andreas was die “missing
link in my lewe”. Ek voel vir die eerste keer asof my lewe sin maak en ek voel vry.”

Meer oor die bruidegom

Andreas is 27 en werk vir Auction Alliance. Hy verkoop kommersiële eiendomme en besit twee klein videowinkels in Pretoria. Andreas kom van ‘n klein plekkie, Somerset-Oos, ‘n baie mooi dorpie in die Oos Kaap. “Ek wou nie noodwendig trou nie – tot ek vir Zanda ontmoet het! Sy maak my rustig en aanvaar my soos ek is. Ek weet sy is onvoorwaardelik lief vir my en ek vir haar. As ons bymekaar is kan ons net ‘wees’. As ons nie bymekaar is nie, dink ek aan haar en wil net by haar wees. Sy is baie snaaks op haar spesiale manier. Daar is geen sleg in haar nie, net goed. Sy is uniek en ek is trots om haar aan my sy te hê!”

Hoe het julle ontmoet?

“Ek en Andreas het ontmoet in Presleys, Pretoria! Hahaha… Ek het vir Robbie Wessels gespeel die aand en Andreas het die show kom kyk, min wetend dat hy sy vrou daar sal ontmoet. Ek het sekerlik baie oulik gelyk… rokkie, kaalvoet en al, want toe na die show vra hy my om te dans… Soos gewoonlik het ek nie baie daarvan gedink nie, want by dié shows ontmoet mens so baie mense. Toevallig sing ek toe weer by Hanna Grobler se Huiskonsert en daar het Andreas weer kom kyk sonder om te weet dat ek daar gaan wees. Ek het die hele tyd vir my vriendin gevra “Wie is daai aantreklike man wat so vir my kyk?” Toe kom
praat hy met my en ons het toe nommers uitgeruil. Ek sien hom toe weer eers ‘n maand daarna in Stilbaai op ‘n Desember toer saam met Robbie en daar het ons na die vertoning saam gaan kuier. And the rest is history…

Hoe lank was julle saam voor die verlowing?

“Ons het saam gebly voor ons verloof geraak het en dit was so 2 en ‘n half jaar voordat ons verloof geraak het. Ons het baie goed uitgesorteer in die twee jaar.”

Vertel ons van die verlowing.

“Dit is n ongelooflike storie… Andreas het my Vrydagoggend, 22 Oktober 2010, wakker gemaak, so 4 uur. Ek het nie geweet wat word beplan nie. Ek was net aan gesê om dit en dat in te pak, want ons gaan nou ry. En daar is ons weg oppad Krugersdorp toe. Ek mag nie gevra het waarheen nie. Die son was nog nie eens op nie, toe stop ons by ‘n plek waar daar toe ‘n groot lugballon staan. Ons vlieg toe oor die Cradle of Human Kind, met die mooiste sonopkoms. Ek het nogal daar gedink hy sal my dalk vra om te trou, maar niks het gebeur nie… Die man het nog verrassings beplan, want toe na ons ‘crash landing’ en lekker ondervinding, klim ons toe weer op die pad in ‘n ander rigting en toe beland ons in die Kruger Wildtuin. Die plek se naam is Kapama Karula en daar kom hulle toe met koue lappies en drankies om ons te verwelkom. Ons slaap toe in die mooiste luukse tent. Ek het gewonder wat die man beplan… maar nogsteeds geen vraag nie… Ons het die mooiste diere gesien en die lekkerste kos geëet.

Toe die volgende aand sê hy daar is nog ‘n groter verrassing en ons ry toe so met ‘n skemerkelkie in die bos in en die volgende oomblik is daar so hout stellasie in die middle van die veld met ‘n bed op die dak in die ope lug… Ek kon nie glo wat ek sien nie, want daar was ook ‘n tafel met blomme en sjampanje en ons eie chef. Toe dag ek ‘Vanaand is
die aand wat die groot vraag kom’, want hoe romanties kan ‘n mens nog wees? En toe gebeur dit nogsteeds nie! Ek dog hy is dalk nou onseker, haha… ons word toe wakker in die bos met ‘n kameelperd wat in die boom eet reg oor ons koppe en ‘n trop buffels… wat n ondervinding! Maar geen vraag…

Ons ry toe rustig terug en stop by Gods Window en Pelgrimsrus, maar die man het
so bietjie nervous gelyk… Toe ons by die huis kom het hy my ge-blindoek en terwyl ek in die huis in stap het ek die doek af gehaal. Toe is ons hele huis vol kerse en blomme
en hy staan toe op een knie en vra of ek met hom sal trou. Dit was so spesiaal dat hy dit
by ons huis gedoen het.”

Hoe lank na die verlowing het julle gekies om te trou en hoekom?

“Andreas wou graag vinnig trou na die verlowing, maar ek het gevra of ons so jaar kan wag en ook dan eers in Oktober trou omdat dit weer somer is. October sal meer groen wees en dan gee dit vir my genoeg tyd om alles te doen wat ek graag wou doen.’n Doen-dit-self troue.”

Hoe het julle die beplanning van die troue benader? Het julle dit self gedoen? Hoe lank het julle beplan en hoe het julle dit ervaar?

“Ek en Andreas het van die begin af geweet ons soek ‘n “non fuss” naweek troue sodat ons families en vriende wat van ver kom ‘n hele geleentheid daarvan kon maak… so ons het lank gesoek om ‘n venue te kry wat bekostigbaar was en ‘n naweek troue kon doen. Ons was gelukkig genoeg dat my ma kon bydrae tot ons droomtroue. Toe ons uiteindelik The Nutcracker ontdek het in Parys in die Vrystaat, kon ons begin beplan. Ons wou graag ‘n troue hê wat anders as die gewone formele troue sou wees, en die Nutcracker het die hele ‘vibe’ gehad. Ons wou ‘n natuurlike maar sag gevoel gehad het waar ons gaste kon ontspan en hulself kon wees.

Ek het baie idees gehad van hoe om almal die heletyd besig te hou en die dekor moes ons persoonlikhede uitgebring het. Alles was redelik maklik om te doen. Ek dink die moeilikste dekor om in die hande te kry was die kurkproppe vir ons naamplasings by die tafels. Ek wou ook graag almal wat na aan ons is se talente gebruik het sodat almal kon deel voel van die proses… Ek het my strooimeisies baie goed gekies en hulle het my ongelooflik baie gehelp met al my idees. Hulle het dit ook beter gemaak. My vriendinne wat nie strooimeisies was nie en wat ek graag ook deel van alles wou gemaak het het my net so baie gehelp. Ek het eintlik niks self gedoen nie! Daar was altyd iemand wat saam met my was om dit alles ‘n lekker ondervinding te maak.

Ek het alles stap vir stap gedoen en het baie lysies gehad. Ek moes elke dag iets doen vir die troureëlings, anders sou ek agter raak. Gelukkig het my werk verstaan en my baie toegelaat om gou ietsie te doen. Ek moes vreeslik kop hou met almal se verblyf en dat almal weet wat gaan gebeur, want Vrydag, Saterdag en Sondag moes ek reël. Dankie tog vir e-pos! Ek was regtig baie rustig, maar nader aan die tyd stres mens nogal, veral as jy alles self doen en jy moet nog goed print en jou rok aanpas en die koek gaan haal ens. Maar weereens het familie en vriende in gespring om te help. Jou “delegating skills “moet goed wees en jy moet net die lysies volg.

Tot op die dag was ek rustig, want ek het geweet alles is gedoen en dit wat nie is nie te laat is…”

Het julle ‘n kombuistee en ram-partytjie gehad? Wat het julle die meeste daarvan geniet?

“Ek het ‘n verrassings kombuistee gehad by Andreas se familie op ‘n plaas in Beaufort Wes,wat ek glad nie vewag het nie! My skoonma het dit gereël. Ek was nog bietjie vreemd met almal, want ek en Andreas het die oggend net daar aangekom en ek het gedog almal is besig om die plek mooi op te maak vir iemand se verjaardag en daar was nie eens n plek vir my gemaaknie… Haha! Toe skree almal “Surprize!”. Toe is dit al die tyd my kombuistee. Baie ‘sweet’ van hulle.

Toe later die jaar, nader aan die troue, het my strooimeisies ‘n ongelooflike kombuistee gereël met ‘n ‘Gatsby’ -tema. Hulle het sommer my hele tuin opgemaak met lekker kossies en ek moes ‘n hele paar snaakse goed antwoord oor Andreas en ‘n legkaart bou van ‘n foto van ons met n boodskap agter op. Ek moes raai wie se geskenke is wie sin en het ‘n straf drankie gehad vir verkeerde antwoorde. Ons het toe later die aand Preslys toe gegaan, omdat ek en Andreas daar ontmoet het en daar het ons die nag in gedans.

Andreas het vyf ‘bachelors’ gehad, kan jy dit glo… Hy is baie gewild by sy familie en vriende en ‘bachelors’ nommer 1 was ook op die plaas in Beaufort Wes. Nommer 2 was sy vriende, Die Ottertotters… Hulle is n klomp vriende in die bende en hulle het sommer op n jag naweek gegaan in Marbelhall. Nommer 3 was op ‘n manne naweek wat my familie elke jaar doen. Nommer 4 was ‘n braai by Rietvlei Dam wat Andreas sommer self gereël het en nommer vyf het sy werk vir hom gehou, hahaha!”

Vertel ons van die troue…

“Ek, my ma en twee van my strooimeisies, Lizl en Jana, het al Donderdagaand in Parys gaan slaap by ‘The Grand Chateau Hotel’ en ons het dié aand ‘n fantastiese aandete gehad by ‘Ruby’s’. Parys is so n ongelooflike dorpie. Die Vrydagoggend het ons vroeg op gestaan en ontbyt gaan eet sodat ons by die venue kon kom om die dekor en beplanning te doen.

Ek het gelukkig al my lysies onthou en toe begin ons met die blomme en dekor so 10 uur se kant. Ek het gelukkig soveel hande gehad… my familie en vriendinne was almal daar met ‘n helpende hand. Ek kon net vir hulle sê wat om te doen en hoe en dit was gedoen. Ons het alles self gemaak: die servet-ringe, die papierbordjies ens. Gelukkig het ek vir Judy van Okasie, my bloemis, gehad net om die blomme vir ons te doen.  Alles het redelik vinnig gegaan met al die helpende hande. Die aand het so ‘n 100 van ons gaste ‘n burger-braai kom geniet by Kommando Nek, waar meeste van ons familie gebly het. Andreas se familie het verantwoordlikheid hiervoor gevat en ‘n baie lekker burger-braai voorgesit. Dit was
so lekker om al toe saam met almal te kuier, want daar het almal mekaar ook leer ken. Ek, my ma en strooimeisies is toe weg so 11uur se kant om in die bed te klim.

Die troudag… Vroeg Saterdagoggend het almal al saam in my kamer kom koffie drink en gesels. Almal het al toe baie opgewonde geraak. Ons het so 10uur begin reg maak en ek het vir almal wat gehelp het ‘n massering gereël sodat hulle kan relax. Elk van my strooimeisies het oulike slaapklere gekry om dankie te sê vir hulle bydra tot ons troue. My
vriendin, Elesha, het ons grimering kom doen met liefde en sy het ‘n goeie werk gedoen, want almal het so mooi gelyk! My strooimeisie, Natasha, het my hare gedoen en ek was mal daaroor. Toe kom Laura Jane, ons fotograaf, saam met Kay, haar tweede fotograaf, daaraan en toe weet ek, nou is die tyd min! Ek en my vier strooimeisies het toe in ons “PJ’s” fotos geneem en hulle het daarna my trourok help aantrek. Ek het nog vir al my
gaste gesê hulle mag nie laat wees nie, want ek gaan nie laat wees nie en toe kom ons Dominee laat…

Die troue moes 16:00 begin, maar toe kom sy 20 minute laat daar aan, heeltemal verdwaal en toe begin ons 16:20. Sy het darem vir die gaste verduidelik dit was nie ek nie! Ons Dominee, Lynette, het regtig ‘n goeie preek gegee en het almal goed laat voel. Sy was baie oulik en het toe heeltemal opgemaak vir die laat wees.

Toe ons uit die kerk stap sing Robbie Wessels, ons seremoniemeester, vir ons “Pas Getroud” en dit het sommer dadelik die gaste in ‘n goeie gees gesit. Ons het daarna saam met Laura ons fotosessie gaan doen en die gaste het ‘n piekniek gehou onder bome met al my musiek vriende, Robbie, Saarkie ens wat gesing het.

Ons het toe gereël dat sodra ons terug kom ons gaste “flying lanterns” sou los, maar toe waai die wind net te sterk vir die lanterns om mooi reguit in die lug op te gaan. Die fotosessie was kort geknip omdat die dominee laat was en die lig was net te gou donker. Dit wys net weer hoe goed Laura is omdat ons foto’s ‘amazing’ is! Ek kan nie eens kies watter foto’s om te gebruik en watter nie!

Daarna het die reën begin val, maar gelukkig was al ons gaste al by die onthaal. Ons liedjie (‘Congratulations’ van Blue October) het toe gespeel  en die party het begin. Die kos by The Nutcracker is ongelooflik lekker en ons het sommer DJ Tyrone van Potchefstroom gebruik. Die aand het sommer goed afgeloop. Die mense was op die dansvloer tot 2 uur die
oggend.. wat meer wil ‘n paartjie hê?”

Wenke en advies vir toekomstige bruidspare:

“Maak baie lysies, doen elke dag iets vir die troue en bly net positief.”

Wat was die beste deel van die hele troudag?

“Die oomblik wat vir my baie beteken het was toe ek saam met my ma in die paadjie af gestap het en Andreas gesien het vir die eerste keer.”

Het julle op ‘n wittebrood gegaan?

“Ons was Madagascar toe op ‘n eiland genaamd ‘Iranja Island’. Dit was idillies… ons was een van vier paartjies op die eiland. Ons wou nie graag na ‘n kommersiële plek toe gegaan het nie, daarom het Andreas Madagascar gekies.

The post Zanda en Andreas: ‘n Naweek van Makietie appeared first on South Africa Wedding Blog.

Vermaak vir jou gaste: Oulike Ysbrekers

$
0
0

Tafelplasing veroorsaak soms probleme vir die bruidspaartjie. Dis ‘n kuns om die regte persoonlikhede to kombineer om ‘n tafel, want niemand wil met ‘n mond vol tande sit nie. Die oplossing? Ysbrekers!

Gee eenvoudig vir jou gaste iets om oor te praat! Dit sal ure se genot verskaf en ook sommer ‘n persoonlike gevoel aan die tema gee.

Vra jou gaste vas!

Dink aan prettige vrae wat unieke gesprekke sal aanwakker onder jul gaste. Skryf die vrae op kaartjies neer en plaas hulle op die tafels, by die kroeg en selfs in die badkamers.


Wedding Bee | Martha Stewart Wedding

Hier is ‘n paar idees:

  1. Hoe het jy die bruid en bruidegom ontmoet?
  2. As die bruid / bruidegom ‘n strokiesprent-karakter was, wie sou sy / hy wees?
  3. Wat is die bruid / bruidegom se sterreteken?
  4. Waar was die bruid / bruidegom op skool?
  5. Beskryf die bruid / bruidegom in een woord.


Come On Ilene


Shauna Younge

Persoonlike lapelwapens

Gee vir elke gas ‘n lapelwapen wat by hul persoonlikhede pas. Gee byvoorbeeld vir ‘n gas wat hou van tuinmaak ‘n lapelwapen met ‘n blom op. Dit dien as ‘n oulike geskenkie vir jul gaste en gee hulle sommer iets om oor te praat!


June Joubert Photography | Wedding Concepts


Stephan Marais Photography

The post Vermaak vir jou gaste: Oulike Ysbrekers appeared first on South Africa Wedding Blog.

Melissa en Riaan: Liefde vir ‘n Leeftyd

$
0
0

Melissa en Riaan se storie bewys nou maar net dat elke pot sy deksel het… dié twee het mekaar al as kleuters leer ken! Ons is absoluut mal oor die pragtige dekor en die lieflike bruidsrok. Riaan het vir ons hul storie vertel…

Meer oor die bruidspaar

Bruid: Melissa, 29, Wyn Prolokaal Bestuurder
Bruidegom: Riaan, 29, Elektroniese ingenieur

Venue: Kleinevalleij, naby Wellington
Blomme en dekor: Special Events by Cindy
Fotograaf: June Joubert

Hoe het julle ontmoet?

“Ons het naby mekaar groot geword en ek het baie van Melissa gehou op kleuterskool. Ons het selfs ‘n foto waar ons langs mekaar sit op die klasfoto. Ons het toe deur die jare min kontak gehad tot en met hoërskool waar ons baie goeie vriende geword het. Ek was verlief op haar in groot dele van my hoërskool loopbaan, maar was te bang om iets te sê wat ons vriendskap kon skade doen. Sy het op ‘n tyd vermoed dat ek in haar belang stel, maar gedink dat ek maar kan kom sê as ek so voel. Ek het ons matriekafskeid goed beplan en dadelik vir Melissa gevra voordat enigiemand anders kon. Na skool het ons nog ‘n sterk vriendskap gehad, al het ons relatief min gekuier. Melissa was vir lang tye oorsee terwyl ek op Stellenbosch vir ‘n hele paar jaar gestudeer het.

In 2009 het ons toe deur ‘n gemeenskaplike vriend onbepland op ‘n Visrivier staptog in Namibië opgeëindig. Sy dink toe “Hier kom ‘n lekker ry-geleentheid saam met Riaan plus iemand wat kan help aan kos dra”. Die stap het toe vir ons albei dinge van mekaar gewys wat ons nog nie gesien het nie en nog nie besef het nie. Op die stap besef ek toe dat Melissa heel moontlik die vrou is vir my en dat dit hoog tyd is om my gevoelens te deel. Daar was op daardie stadium ‘n ander man in Melissa se lewe en na ‘n tyd van dink en duidelikheid kry het ons begin vas uitgaan.”

Hoe lank was julle saam voor die verlowing?

“7 maande.”

Vertel ons van die verlowing.

“In ‘n baie besige tyd by my werk het ek besef dat dit nou hoog tyd raak om die vraag te vra. Dit was seker toe 4 maande voordat ek vir Melissa gevra het om met my te trou. Ek wou alles mooi deur dink en tyd het nogals vinnig verby gegaan. Op ‘n dag het ek met die Here se getroue leiding ‘n datum gestel wat na die werk se projek-afleweringsdatums was. Die datum het al hoe nader gekom en dit het vir my op ‘n stadium nie moontlik gevoel om alles te doen en te beplan nie, insluitende die ring – ek het glad nie ‘n goeie idee gehad hoe om dit te reël of wat om te doen nie. Op die ou-end het ek ‘n plek-houer ring gekoop op die dag van die verlowing nadat ek ‘n dag voor die tyd amper besluit het om dit uit te stel. Ek het toe duidelik gevoel die Here wil hê ek moet voort gaan met die planne en dat Hy goeie weer sal reël.

Die volgende dag was Saterdag en ‘n perfekte, baie warm dag. Melissa het gewerk daardie dag en ek het gereël om haar te bederf. Ons het vir ‘n hele ruk nie veel lekker romantiese dinge saam gedoen nie. Al wat ek haar gegee het was ‘n instruksie om met gemaklike klere te kom en iets om ‘n hele ent mee te stap. Ek het toe vroeër die dag na die plek gegaan om reg te maak. Ek het ‘n kitaar in die bos weggesteek, piekniek kombers oor ‘n groot plat rots gegooi en ‘n bos rooi rose by die voet van die rots gesit. Sy kom toe later die dag daar aan. Ons pak die piekniek benodighede en stap op na die plek. Dit was ‘n koppie redelik hoog op in die berge wat naby die plaashuis was waar ek gebly het. Die koppie is omring deur berge met drie bome op en een groot rots tussen twee van die bome. Ons kom toe daar aan, net om die rose te vind wat alreeds verlep het en die piekniek kombers wat iewers deur die dag afgewaai het. Die rose het in die skaduwee gestaan, maar die dag was net te warm. Melissa dog toe eers die rose was daar geplaas miskien by iemand se graf… ‘n week terug. Ek het amper saam gestem, maar het ‘n bietjie later maar verklap dat dit voorbereidings was.

Ons het toe heerlik piekniek gehou terwyl die windtjie wat gewaai het heeltemal bedaar het en die son amper agter die berg was. Toe besef ek dis nou die tyd – ek moes darem vra terwyl die son sak en nie na dit nie! Ek verskoon toe myself om die veld badkamer te gaan besoek en gaan haal toe die kitaar. Toe ek terug kom was Melissa heel verbaas. Ek speel toe ‘n liedjie oor twee harte wat bymekaar kom. Met heelwat emosie in my stem het Melissa vermoed iets was aan die broei. Na die liedjie het ek die ring uitgehaal en haar gevra of sy met my sal trou. Na ‘n hele paar ‘wow’s het ek darem baie duidelik ‘n “ja” uit haar gekry. Sy het dit glad nie toe verwag nie, maar dit was vir haar soos ‘n vroeë geskenk. Ons het toe soos wat die son gesak het gepraat oor alles wat ons al gevoel het maar nog nie oor kon praat nie. Dit was ‘n baie spesiale tyd en plek wat ons altyd sal onthou.”

Hoe lank na die verlowing het julle gekies om te trou en hoekom?

“Ons het 9 maande na die verlowing getrou. Ons sou graag vroeër wou trou, maar ‘n paar familie oorwegings het gemaak dat ons in Desember getrou het. Dit het ons goed tyd gegee om die troue te reël soos wat ons dit graag wou hê.”

Hoe het julle die beplanning van die troue benader?

“Ons het besluit om meeste van wat ons kon doen self te doen. Ons was baie betrokke by die meeste aspekte van die beplanning. Ons wou dit so doen om die troue ons eie te maak, familie in te trek en natuurlik om bietjie kostes te bespaar. Ons was nogals baie besig in die verlowingstydperk en al was dit nie altyd lekker nie, was dit baie goed vir ons om saam hierdie ‘projek’ aan te pak as ‘n eerste stap van ons huwelik. Ons het baie van mekaar geleer en ek sal dit aanbeveel vir enige paartjie.”

Het julle ‘n kombuistee en ramparty gehad? Wat het julle die meeste daarvan geniet?

“Ja, dit was ‘n wonderlike tyd saam met my naaste vriende. Ek het die meeste die deel van die aand geniet waar ons gesit het en stories vertel het van die goeie herhinneringe wat ons saam het.”

Vertel ons van die troue…

“Die aand voor die troue het ‘n paar van my strooijonkers saam oorgeslaap by ‘n familie vakansiehuis terwyl Melissa en haar strooimeisies oorgeslaap het by ons tannie en oom se huis wat redelik naby was aan die plek waar ons sou trou. Ons het toe laatoggend deur gery na Kleinevalleij waar ons gaan help het met die groot regmaak-proses. Ons het besluit om die seremonie en onthaal op dieselfde plek te hou.

Toe ons daar kom was dinge baie goed uitgesorteer en ons hoef toe nie veel te gedoen het nie – te danke aan ons wonderlike vriende, familie en Kleinevalleij se organiseerders. Ons het toe middagete daar geëet op die stoep van die plek. Dit was heerlik om daar te ontspan so voor die troue. Die weer was lekker warm, maar dit was tog bewolk en so nou en dan lyk dit toe of dit gaan reën. Met ‘n baie ligte mot-reën wat toe val het Hannes van Kleinevalleij gevra dat ons ‘n finale besluit moet neem vir ‘n binne of buite troue. Ek was reg vir enigiets, maar het sterk gevoel dat die troue moet voortgaan soos beplan.

Ons is toe later weg na die gastehuis waar my ouers gebly het om daar te stort en aan te trek. Ons het lekker gelag vir Adriaan (een van die strooijonkers) wat vergeet het om sy hemp te stryk. Gelukkig kies ek my vriende goed en was daar iemand met ‘n kompakte strykyster vir hierdie tipe van ding. Ons vertrek toe na die venue wat nie baie ver daarvan af was nie. Toe ons daar aankom het ons manne saam met Sias (die pastoor) gebid. Dit was spesiaal en het so gehelp om my hart en die plek voor te berei vir dit wat kom. Ek was so rustig en opgewonde.

Toe die mense begin aankom kon ek lekker met gaste gesels en vining opvang met vriende wat ek lanklaas gesien het. Dit het toe baie skielik tyd geraak vir my om daar voor te gaan staan. Ek was die heeltyd nogals rustig. Ek het nog altyd gedog my senuwees sal nie dit kan hanteer nie, maar met die afwagting en ywer binne my om getroud te raak, kon ek net nie wag vir my bruid nie! Weereens het die oomblik my omkant gevang toe die instap liedjie begin speel. Die oomblik het my heeltemal oorweldig. My hart spring toe dadelik in my keel. Die instap liedjie se woorde het gegaan oor hoe mooi die eenvoudige dinge is wat die Here geskep het (Telecast – The Beauty of Simplicity). Die emosie was nogals groot terwyl Melissa afgestap gekom het – ek het geweet die oomblik kom nie weer nie en het die intensiteit daarvan waardeer en ook beleef hoe die Here met liefde en ywer vir ons as Sy bruid wag. Melissa het ongelooflik mooi gelyk. Ek is iemand wat detail waardeer en ek het elke bietjie van haar moeite in die regmaak en rok-maak proses waardeer. Om haar toe te aanskou en vas te hou was kosbaar en lekker bo my verwagting.

Die boodskap wat Sias gelewer het het ons gevoel was besonders van toepassing en dit het ons diep geraak. Gelukkig het ons dit op video opname en het al weer daarna geluister. Na die seremonie het ons gaan fotos neem. Die kleure in die lug met sononder was baie mooi. Die fotosessie was een groot plesier. Vir die eerste keer daardie dag kon ons kuier en het lekker saam gelag terwyl ons goeie fotos probeer kry. Ons het gereel dat die mense solank voorgereg kry terwyl ons fotos neem (Desember gaan sak die son nogals laat!).

Toe ons by die saal aankom het ons seker gemaak dat vonkelwyn al geskink is. Met die instap het ons ‘n opgewekte liedjie laat speel en soos ons by die tafel aangekom het is ‘n heildronk ingestel op ons, die bruidspaar, om die onthaal te open. Kort daarna het ons ons “eerste dans” gedoen op ‘n liedjie van Dean Martin, “Sweet Memories”. Ons uitgewerkte dans het baie goed afgegaan. Ons het dit redelik vinnig geoefen en nie verwag dat dit so goed sal gaan nie. Die res van die aand was gevul met heerlike fillet steak, goeie tye op die dansvloer en menigte kuiers met nabye vriende en vriendinne. Ons het verkies om nie ‘n troukoek te kry nie, maar eerder ‘n groot bottel vonkelwyn en sjokolade truffels.

Teen nagereg-tyd het Melissa toe die bottel wat ek vir haar gehou het oopgemaak met ‘n swaard op ‘n tradisionele metode genaamd “sabrage”. Die swaard het ons geleen by ‘n wynplaas. Die toertjie het baie goed gewerk met almal wat buite kom kyk het. Die nagereg tafel was blykbaar ongelooflik met ‘n verskeidenheid van treffer poedings, maar ons het niks daarvan gesien nie. Die aand het teen daardie tyd gevlieg en op ‘n manier was die nagereg klaar voordat ons dit kon sien! Ons was geseën later die aand met ‘n groot-druppel somersreën wat so mooi geklink het en ‘n varsheid in die lug gebring het.

Ouma Elma het by vorige troues al vir Melissa gesê sy is geskok om te sien hoe die bruide sommer net so die onthaal verlaat in hul trou rokke en nie ‘n ander “pakkie” gaan aantrek nie. Met dié in gedagte het ons ‘n gepaste verlaat-pakkie gevind waarin Melissa gespring het ‘n rukkie voor ons die onthaal verlaat het. Ons gaste het ‘n tonneltjie gemaak soos wat ons na die kar toe geloop het. So het ons vinnig almal wat nog oor was se goeie wense gekry en hul totsiens gegroet. Soos wat ons in die kar geklim het, het Melissa agter gekom dat sy vergeet het om haar “garter” te gooi. Vinnig is dié by die venster uitgegooi waar dit onmiddelik opgeraap is deur een van ons vriendinne – goeie gees! Die dag en aand was baie spesiaal, gevul met soveel spesiale oomblikke wat so vinnig verby gegaan het. Ons sal die dag se beplanning, vriende en familie se hulp en God se getrouheid altyd onthou.”

The post Melissa en Riaan: Liefde vir ‘n Leeftyd appeared first on South Africa Wedding Blog.

Toinette en Louis: Nooitgedacht Troue

$
0
0

Louis en Toinette het op 1 Oktober 2011 getrou op die pragtige Nooitgedacht in Stellenbosch. Christelle Rall het die lieflike foto’s geneem. Ons is mal oor al die pragtige proteas!

Meer oor die paartjie

Bruid: Toinette, 25, Onderwyseres by Laerskool Lochnerhof in die Strand
Bruidegom: Louis, 29, Plaasbestuurder

Datum en tyd van troue:

1 Oktober 2011 15 :30

Hoe het julle ontmoet?

“Ons was op ‘n ‘blind date’ wat Toinette se pa gereël het. Toinette het ‘n metgesel gesoek vir ‘n troue in Langebaan op Oujaarsaand. Haar pa het vir een van my vriende
(Kallie Fernhout) gevra of hy nie saam met haar wil gaan nie. Hy kon nie omdat hy ‘n meisie gehad het en toe sê ek vir hom hy moet sê ek sal saam haar gaan. Ons het toe vir koffie ontmoet een middag by Mugg & Bean in Paarl Mall en van toe af was dit so!”

Hoe lank was julle saam voor die verlowing?

“11 maande.”

Vertel ons van die verlowing.

Louis het vir Toinette gevra by die skool in haar klas. Louis het met een van Toinette se kollegas gesels oor wat hy wil doen en sy het met van die personeel by die skool gereël. Louis het in ‘n ander onderwyseres se klas gewag vir die regte tyd. Toinette is uit haar klas geroep kantoor toe waar sy verras is met ‘n GROOT bos blomme. Die seketaresse en sport organiseerder het haar lank besig gehou. In die klas het die leerders almal doodstil gesit en Toinette het dadelik gevra wie hul moes kom stil maak het. ‘n Seuntjie het gesê dat sy op die bord moet kyk. Op die bord het die volgende gestaan: “As Juffrou Dippenaar se outjie baie lief is vir haar en die res van sy lewe saam met haar wil deurbring, wat moet hy doen?” Met dié draai Toinette om en vra wat aangaan, waar Louis toe onder ‘n skoolbank uitkruip, op sy knie gaan en haar vra om te trou.

Terwyl Louis vir Toinette gewag het, het haar kollega vir die kinders kom verduidelik wat gaan gebeur en dat hul niks mag sê nie (hul is gr.4 leerders), waarop ‘n seuntjie vir Louis gesê het dat as Juffrou nie “JA” sê nie, hy vir Juffrou sal maak “JA” sê.

Hoe lank na die verlowing het julle gekies om te trou en hoekom?

“11 maande. Met die skoolgee is dit nie altyd moontlik om tyd te kry om alles gereël te kry nie. Dit was ook genoeg tyd om alles deeglik te deurdink wat ons wou hê en alles te beplan. Daar was geen haas en dit was ook nie nodig om oorhaastige besluite te neem nie.”

Hoe het julle die beplanning van die troue benader?

Toinette en haar ma het alles self beplan. “Ons het gaan sit en ‘n lys gemaak van alles wat gedoen moet word, prente gekry van wat ons wil hê en vooraf geweet wat ons van die mense met wie ons werk verwag. Daarna het ons begin soek vir mense/ besighede wat doen wat ons nodig het. Ons het wel van mense gebruik gemaak wat alles die dag van die troue gedoen het vir ons sodat ons nie nodig gehad het om ons oor dinge te bekommer nie. Ons het na die verlowing dadelik begin beplan. Party goed het ons al maaaande voor die tyd beplan en bespreek, maar ons wou NIKS tot op nr 99 los nie. Ons het almal die beplanning van die troue baie geniet. Dit was lekker om almal se idees en insette te hoor. Die beplanning was ook lekker, want op die dag van die troue was dit so lekker om te sien hoe al jou harde werk alles saamgebring het.”

Het julle ‘n kombuistee en “bachelors” gehad? Wat het julle die meeste daarvan geniet?

Toinette: “Ja, dit was lekker om almal bymekaar te hê en lekker te gesels oor die troue en die dinge wat gaan kom.”

Louis: “Ja, om net lekker saam met die ouens te kuier wat daar was.”

Vertel ons van die troue…

“Ons het vroeg opgestaan. Ons oggend het begin met ‘n heerlike ontbyt wat deur Nooitgedacht voorberei is. Louis en sy strooijonkers het by La Provance oorgebly die vorige aand. Teen 9 uur is daar begin met die hare en grimering. Intussen is die saal reg gemaak vir die groot dag.” Die fotograaf het opgedaag en begin foto’s neem van die regmaak en ‘n paar foto’s geneem van die bruid. Intussen het haar assistant van Louis en die strooijonkers foto’s geneem.

Terwyl Toinette gewag het om in te gaan, het die fotograaf vir haar ‘n boksie gebring waarin Louis vir haar ‘n ring gestuur het wat sy die dag van die troue moes dra. Die senuwees was klaar en Toinette het gesit en kyk hoe die gaste opdaag vir die groot geleentheid. Toinette, haar pa en bruidsmeisie het toe begin stap na die kapel. Binne het die gaste, sowel as die bruidegom en sy strooijonkers, gewag. Die viool se musiek het as agtergrond musiek gedien en het ook die regte atmosfeer van rusitgheid geskep. Na die bruidsmeisie ingeloop het, het Toinette met haar pa aan haar sy die kapel binne gegaan. Louis moes ‘n paar keer hard sluk om sy trane terug te hou. Die dominee het aan die gaste geleentheid gegee om foto’s te neem, so baie mense het met hul kamera’s na vore gekom om foto’s van die bruidspaar te neem.

Louis en Toinette het hulle eie troubeloftes geskryf wat toe aan mekaar voorgesê is. Aan die einde van die diens is die trouregister geteken in die ou herehuis. Die gaste het buite gewag met die konfetti. Na die konfetti het die bruidspaar en gevolg gegaan vir hul fotosessie, waar die gaste heerlike verversings sowel as drankies geniet het. Die fotosessie was baie lekker en gemaklik. Hulle het selfs geskrik vir ‘n spinnekop wat net bo Toinette se skouer op die deur gesit het.

Na die fotosessie is die bruidspaar in die saal in. Die toesprake is afgehandel met trane en baie gelag! Die dansbaan is geopen. Die kos was heerlik. Die troukoeke is gesny en die ruiker en garter is gegooi. Tussendeur is daar met gaste gesels en lekker gedans. “Aan die einde van die aand was ons almal se voete seer, maar ons harte was vol liefde en vreugde oor die wonderlike dag in ons lewe!”

Wenke en advies vir toekomstige bruidspare

“Geniet elke oomblik van die beplanning van die troue en die troudag. Alles, die beplanning en dag, gaan so vinnig verby. Dit is die lekkerste tyd van jou lewe en jy MOET elke oomblik tenvolle geniet!”

Wat was die beste deel van die hele troudag?

Toinette: “Die beste deel van die dag was om in die paadjie af te stap na Louis toe en te sien hoe bly hy lyk om my te sien.”

Louis: “Toe ek vir Toinette in die paadjie sien afstap by die diens.”

Het julle op ‘n wittebrood gegaan? Waarheen? En hoekom juis daar?

“Kwazulu Natal. Ons was Sentraal Drakensberge toe en Ballito aan die Noordkus. Toinette was nog nooit daar nie en het altyd gesê sy wil iewers gaan waar sy nog nooit was nie. Die Drakensberge is stil en rustig en het vir ons heerlik kans gegee om lekker uit te rus. Ons het daar op ‘n plaas in ‘n kothuis gebly. In Ballito het ons ‘n straat van die see af gebly met ‘n pragtige uitsig. Dit was weer lekker om tussen mense te wees en weer terug in die gewoel en geskarrel van die stad te wees. Dit was ook lekker om ‘n ander provinsie te verken.” “Louis was al 2 keer in Durban, maar wou baie graag soontoe gaan om die ander dele te sien waar ek nog glad nie was nie.”

Plek van troue: Nooitgedacht, Stellenbosch
Hoeveelheid gaste: 148
Koördineerder: Amelia Dippenaar
Fotograaf: Christelle Rall
Trourok: Timeless Weddings
Bruidsmeisies rokke: Occasions
Aandpakke: Bride & Co.
Blomme: 4 Every event
Koek & Spyseniering: Nooitgedacht

The post Toinette en Louis: Nooitgedacht Troue appeared first on South Africa Wedding Blog.

Trou Inspirasie: Nou Op Facebook!

$
0
0


Foto’s geneem deur Yolandé Marx

Soos julle sekerlik reeds weet, verskaf ons graag wenke en idees aan ons Afrikaanse bruide. Nou is ons op Facebook! Ons nuwe bladsy, Trou Inspirasie, is net nog ‘n manier om vir jou net die beste inspirasie vir jou groot dag te gee.

Ons bruide word aangemoedig om vrae te vra, idees uit te ruil en vir ons meer te vertel van hul eie groot dag! Ons sal gereeld kleurskemas, temas en meer publiseer.

So, kom kuier saam op Facebook… en kry jou inspirasie!

The post Trou Inspirasie: Nou Op Facebook! appeared first on South Africa Wedding Blog.


Kies die regte trourok…

$
0
0

Jou troudag word gevorm deur sekere faktore – die spesiale gaste, die betowerende venue, die hartroerende toesprake… maar vir die bruid gaan die troue oor die feit dat sy asemrowend moet lyk en die bruidegom se voete onder hom moet uitslaan wanneer hy haar vir die eerste keer sien. Dit is belangrik dat jy nooit jou keuse moet berou as jy na jou troufoto’s kyk nie.


Rokke van Lily Beau Bridals

Daar is verskeie faktore wat die ons trourokkeuse beïnvloed. Een van die groot redes waarom bruide nie gelukkig is met hul trourok nie, is omdat hul toelaat dat ander mense hul keuse beinvloed. Nog ‘n rede is dat bruide onderhandel oor wat hul wil hê in ‘n poging om kostes te bespaar. Maar die grootste fout is heel waarskynlik dat bruide aandring op ‘n rok wat nie by hul figure pas nie.


Rokke van Belle Demoiselle

Jou trourok moet presies wees wat jy wil hê, nadat in ag geneem is wat jy kan bekostig en hoe dit aan jou figuur sal lyk. Dit mag dalk ‘n moeilike toegewing wees om te maak, maar dis belangrik dat jy gemaklik is op jou troudag en tevrede is elke keer as jy na jou troufoto’s kyk.

Dit is belangrik om oop te wees vir voorstelle wat gewoonlik onaanvaarbaar sou klink, so maak seker jou ontwerper en / of ‘shopping partner’ is iemand wie se opinie jy vertrou. Jou nommer een prioriteit moet gemak wees. ‘n Ongemaklike bruid kan gewoonlik nie haar ongemak wegsteek terwyl sy dans, kuier of vir foto’s poseer nie.


Rokke van Lady Marmelaide

Jou aanstaande dink reeds jy is die pragtigste vrou op die planeet – al wat jy moet doen is om ‘n rok te kies wat jou fantasties laat voel op jou troudag!

The post Kies die regte trourok… appeared first on South Africa Wedding Blog.

A Real South African Wedding

$
0
0

south africa wedding

When it comes to themes, we’ve just about travelled around the globe and covered it all – Grecian, Italian, Indian, you name it. And finally it’s come to this: A real South African wedding! There’s just so much to love about our beautiful country and with its plethora of cultures and creativity, it’s no wonder that bridal couples are streaming from around the world to celebrate their union in true South African style.

So why look beyond borders for your wedding inspiration, when we have all the makings of a good opskop right here? After all, no one can throw a party quite like a South African – let’s look at some ideas.

Firstly, everyone knows a real South African makietie starts with good food:

  • Starters: Serve mini bunny chows or gatsbys, samosas, biltong tartlets, freshly baked bread (roosterkoek or stokbrood) with a selection of chutneys and chakalaka, vetkoek or skilpadjies (livers baked in lamb fat).
  • Mains: Serve potjiekos, snoek, kebabs, frikkadel (meat balls), bobotie, boerewors or leg of lamb or have a good old braai.
  • Dessert: Serve milk tart, koeksisters, hertzoggies (jam tartlets), malva pudding and souskluitjies (cinnamon dumplings).
  • Beverages: South African craft beer, wines from the wine route, mampoer (spirits) and rooibos tea.

And now for a couple of other lekker-lekker ideas:

  • Proteas are an absolute must (traditional and very fashionable at the moment) as well as any type of fynbos in general.
  • Incorporate African inspired animal prints, such as leopard, zebra, spotted hyena, and so forth, into your entourage’s outfits as well as the décor.
  • Wear African beaded jewellery and decorate the venue and tables with plenty of bead work and carvings.
  • Make a big bonfire where guests can roast marshmallows or make their very own stokbrood.
  • Entertain guests in true South African style with fire dancers, marimba music, gumboot dancers or African drum performers.
  • Use hay bales as seating and bring out the old enamel ware from Grandma’s kitchen to create an authentic South African heritage feel.
  • Appoint a face painting artist to adorn guests’ faces with tribal inspired face art.
  • Host a real South African sokkie where guests can shake their booties to the latest Afrikaans “treffers”.
  • Use rustic and natural elements like burlap, wood, wheat, dried leaves and ostrich feathers to create an out-of-Africa ambience.

For more ideas and inspiration on a South African Wedding, the original photos above and their credits, make sure to check out our South African Wedding – Local is Lekker Pinterest Board!

The post A Real South African Wedding appeared first on South Africa Wedding Blog.

Dekor-inspirasie: Persoonlik en Stylvol

$
0
0

Die Flamboijant-span by Cabriéres het onlangs gesorg vir pragtige dekor by Pierre en Mignon se troue in Montagu. Die troue het ‘n Franse “modern vintage” tema gehad met baie oulike detail. Die bruid het die tema en dekor so persoonlik as moontlik probeer maak.

Die seremonie het buite op die grasperk op die plaas Cabriéres plaas gevind en die onthaal is in ‘n pragtige ou kelder gehou, ook op die plaas. Die troue was klein en intiem met 34 gaste wat vreeslik bederf was deur die bruidspaartjie. Die gaste het die oulikste klein koekies as geskenkies ontvang.

Elke tafel se naam was een van die paartjie se gunsteling plekke in die wêreld waar hulle al heen gereis het, onder andere die Karoo en Crete in Griekeland. Elke tafel het ‘n kaartjie gehad met meer besonderhede oor die spesifieke bestemming.

Verskeie rangskikkings van King proteas, vetplante, rose, fynbos en orgideë is in verskillende houers en vase orals op die tafels geplaas. Kristal kandelare en spieëls het die dekor afgerond.

Daar was Jo Malone kerse op die tafels wat die hele ou kelder na heerlike parfuum laat ruik het. Wat ‘n lieflike atmosfeer moes dit nie geskep het nie!

Kontak vir Jane Jordaan van Cabriéres vandag nog vir jou eie asemrowende dekor. Sy het nooit ‘n tekort aan inspirasie nie!

Verskaffers:

Venue: Cabriéres
Dekor: Flamboijant by Cabriéres
Blomme: Flamboijant by Cabriéres
Fotograaf: Laresa Perlman

The post Dekor-inspirasie: Persoonlik en Stylvol appeared first on South Africa Wedding Blog.

Viewing all 11 articles
Browse latest View live